Limpopo-onderwyser geskors oor beweerde ‘k-woord’

Deel hierdie storie / Share this story

Leerlinge van ‘n skool in Limpopo het protes aangeteken nadat ‘n onderwyser glo die “k-woord” gebruik het om sommige van hulle te verkleineer.

Die onderwyser is glo geskors terwyl daar gewag word op ‘n dissiplinêre verhoor by die Hoërskool Nylstroom..

Baie van die leerlinge het op sosiale media gekla oor die saak en het die EFF gevra om betrokke te raak.

Die onderwyser is glo voorheen ook beskuldig daarvan dat hy rasistiese opmerkings gemaak het en leerlinge “bobbejane” genoem het.

Die leerlinge het in protes by hulle klassse uitgestorm en baniere gemaak om hulle ongelukkigheid te wys.

Bronne: MSN, Roodepoort Record

Lees ook: Mafe bail hearing postponed, State adds more terrorism charges