Sol Plaatje se gebou beskikbaar vir NSFAS-aansoeke

Deel hierdie storie / Share this story

Kagisho Sonyoni, uitvoerende burgemeester van Kimberley, het Maandag met amptenare van die National Student Financial Aid (NSFAS) vergader om te kyk na wat die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen het om studente te help om vir NSFAS aansoek te doen.

Verteenwoordigers was in hul noppies met die munisipaliteit se pogings om diegene te help wat nie toegang het tot rekenaars om te kan aansoek doen vir NSFAS nie.

Burgemeester Sonyoni het saam met die NSFAS-verteenwoordigers die rekenaarkamer besoek waar studente deur munisipale beamptes gehelp word om aansoek te doen.

Die rekenaarkamer is nou oop vir studente wat wil aansoek doen wat nie toegang het tot rekenaars of die internet nie.

Die aansoeke sluit Vrydag 21 Januarie.

Lees ook: Vissmeer verdwyn binnekort van rakke in SA

Studente word aangemoedig om die Sol Plaatje Munisipale rekenaarkamer op die eerste vloer te besoek tussen 09:00 tot 16:00 tussen Maandag en Vrydag.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.