Vissmeer verdwyn binnekort van rakke in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Pecks Anchovette- en Redro-vissmeer sal binnekort nie meer vir Suid-Afrikaners op die rakke beskikbaar wees nie.

Dié handelsmerke word deur Pioneers Foods van die winkelrakke afgehaal. Liefhebbers van dié ou staatmakers sal moet spring as hulle nog ‘n potjie of twee van ‘n winkelrak af wil gryp.

Pioneer se woordvoerder sê die vervaardiging van die vissmeerprodukte is in 2021 gestaak omdat die aanvraag daarna afgeneem het.

“Ons het ons kliënte daarvan gesê, die vervaardiging gestop en die verkope van die items in Desember gestaak.” – Business Insider, CapeTownETC, Jacaranda FM