Loterykaartjie veroorsaak twis in familie

Deel hierdie storie / Share this story

As jy vir iemand ’n afkrap-loterykaartjie as geskenk gee en daardie persoon wen R 770 000, sal jy verwag dat hy of sy die geld hou of dit vir jou gee?

Een familie is in ’n twis gewikkel nadat ’n man vir sy nefie ’n afkrap-loterykaartjie geskenk gegee het en die nefie R770 000 daarmee gewen het.

Die man het in ’n Reddit-plasing gesê hy koop elke Kersfees vir die hele familie loterykaartjies en hierdie Kersfees het hy vir sy nefie (23) ook een gegee.

Hy verduidelik in die plasing sy nefie was ekstaties en hy was ook bly vir sy nefie se part, totdat sy vrou hom eenkant toe geroep het en aangedring het dat die nefie nie die geld mag hou nie.

Sy nefie het pas klaar studeer en het saam met sy enkelma grootgeword.

Internet-gebruikers her kommentaar op die plasing gelewer en die meeste het gesê die nefie moet die geld hou. Wat dink jy moes die familie doen?

Volg FiND iT op Facebook hier.

LEES OOK: Vyf keer lewenslank vir verkragting en roof