Vyf keer lewenslank vir verkragting en roof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vonnis van vyf keer lewenslank vir verkragting en roof is deur die hooggeregshof in die Noord-Wes vir Johannes Nokeri opgelê. Dit is gesamentlik 191 jaar op 18 aanklagte van verkragting, 23 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, diefstal van ’n motorvoertuig en onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika, sê van 2012 tot 2017 het Nokeri ’n reeks verkragtings, rooftogte en diefstal in die gebiede rondom Hammanskraal en Temba in die Noordwes-provinsie gepleeg. Hy het meestal niksvermoedende vroue geteiken wat snags van tavernes dou reis en hul geld, selfoon en klere-items beroof voordat hy van hulle verkrag het. Een van die slagoffers was vyf maande swanger toe sy herhaaldelik deur Nokeri verkrag is.

Verkragting en roof

Nokeri is uiteindelik ná vyf jaar, op 16 Julie 2017, in hegtenis geneem in besit van ’n gesteelde voertuig wat die eienaar ’n dag voor sy inhegtenisname by die polisie en die opsporingsmaatskappy aangemeld het. Ses lewendige rondtes ammunisie is ook in sy besit gevind.

Tydens hofverrigtinge het dit geblyk dat hy vir sommige van hierdie misdrywe vergesel is deur ’n individu onbekend aan die staat. Nokeri het voorheen die dienste van drie Regshulpprokureurs en een private prokureur gebruik wat deur Regshulp verkry is, maar hy het hulle afgedank en gekies om homself regdeur die verhoor te verteenwoordig.

Volg FiND iT op Facebook hier.

LEES OOK: Vermiste meisie gered nadat sy TikTok-handseine gebruik