Vermeende betreder in SABC-gebou geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – ‘n Vermeende betreder is Sondagoggend omstreeks 04:30 deur ‘n sekuriteitsbeampte in die SABC-gebou in Bloemfontein geskiet.

Brig. Thandi Mbambo, woordvoerder vir die Valke, sê hulle ondersoek nou ‘n saak van besigheidsinbraak, oortreding, beskadiging van goedere en intimidering ná ‘n 27-jarige man Sondagoggend in hegtenis geneem is.

Volgens brig. Mbambo het die sekuriteitsbeampte ‘n betreder Sondagoggend in die SABC-gebou gewaar en vir bystand gevra.

Die vermeende betreder het die sekuriteitsbeamptes glo aangeval en dis toe dat die beampte sy vuurwapen uitgehaal het en die verdagte geskiet het.

Die Parkweg-polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en die verdagte is na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Hy is tans steeds daar onder polisiebewaking.

Brig. Mbambo sê ‘n aparte moordsaak word ook ondersoek.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Meisie dood, nog agt beseer toe rukwind springkasteel skep

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.