Perd sit steeds vas in Vaalrivier

‘n Perd sit nou al twee dae vas op ‘n eiland in die Vaalrivier, net buite Barkly-Wes.

“Daar is ‘n reddingspan van Johannesburg wat op pad is om te help om die perd uit te kry. Hulle kom met jetski’s en alle toerusting om die perd te red. Ons het nou opgevlieg met die drone, die perd is steeds daar. Hulle maak vandag Bloemhofdam se sluise oop, so dan het ons 24 uur om die perd uit te kry,” sê Marie Wiese, van die Perdeklub in Kimberley.

“Ons gaan nou almal bymekaarkom en besluit wat is die pad vorentoe. Die laaste spanne sal so 12:30 by ons aansluit.”

Wiese sê die rivier is geweldig sterk, met strome wat afkom nadat damme glo oopgemaak is na die swaar reën wat die gebied die afgelope tyd ervaar het.

“Daar is ongeveer 100 m water aan weerskante van die perd.”

Enigiemand wat van hulp kan wees, kan Wiese by 078 082 8670 kontak.

Hier is die ligging van waar die perd is:

Leave a Reply

Your email address will not be published.