Baie werknemers trek kleredrag van hul eie keuse aan na hulle werksplek. Daar is instansies soos hospitale en restaurante wat uniforms van hulle werknemers vereis. Maar die vraag wat steeds kop uitsteek is: Kan ‘n werkgewer die dra van enige godsdienstige, politieke of enige ander vorm van kleredrag verbied?

Breedweg is dit onwaarskynlik dat ‘n saak oor kleredrag in die werksplek in die hof sal voorkom, sê Fiona Leppan, direkteur in die indiensnemingsregpraktyk by Cliffe Dekker Hofmeyr.
“Ons howe het gesê dat differensiasie nie gebaseer moet wees op uitsluiting, stigma of marginalisering nie. Hulle stuur eintlik weg van absolute neutraliteit. Jy kan ‘n situasie in ‘n indiensnemingskonteks hê waar ‘n werkgewer ‘n blatante reël moet oplê soos geen juweliersware of geen los klere nie.”
Leppan het egter gesê dat om hierdie reëls in te stel, daar ‘n regverdige motief van die werkgewer moet wees waarom ‘n sekere tipe kleredrag nie gedra mag word nie, waarop hulle kan terugval.
Sy het gewys op die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid wat geen los klere, los hare, juweliersware of oorbelle spesifiseer wanneer hulle met swaar masjienerie te doen het nie. Dit is omdat as jy met bewegende masjienerie werk, en hierdie items gevang word, jy jouself of ander kan benadeel.
“Hierdie reël is regverdig en objektief. DIt is van toepassing op almal en dit het ‘n rasionele rede waarom dit bestaan. Alhoewel dit ‘n redelik ekstreme voorbeeld is, gee dit jou die soort regverdiging wat nodig is om so ‘n reël te ondersteun.”

In verskeie onderwerpe was dit duidelik dat meer werknemers ‘n uniform verkies as hul normale alledaagse drag, omdat dit eenvormigheid in die werksplek skep. Die illusie dat jy deel is van ‘n span.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
Gaan lees gerus oor Koningin Elizabeth se televisie voorkeure.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



