‘n Tienjarige meisie het Saterdagoggend langs die kus op die Strand in Kaapstad verdrink.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ‘n verklaring gesê die meisie is oorspronklik van Stellenbosch.
Die dogtertjie is eers as vermis aangemeld en só het die soektog na haar begin.
Alan Meiklejohn, NSRI Gordonsbaai se stasiebevelvoerder, sê ‘n groot groep, onder andere lede van ambulansdienste, lewensredders en die Wes-Kaapse departement van gesondheid het na die meisie begin soek.
Die groep het in die rigting waar die meisie aanvanklik vermis geraak het, begin soek. Hulle het haar ‘n entjie weg van waar sy geswem het, leweloos op die water sien dryf.
“Sy is na paramedici op die strand geneem, waar sy dood verklaar is,” sê die NSRI.
Die polisie ondersoek haar dood.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Brand by parlementsgebou onder beheer
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



