Koningin Elizabeth mal oor Mrs Brown’s Boys

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin Elizabeth, wat ‘n jonge 95 jaar oud geword het vroeër vanjaar, ongeag hoe jy haar opsom, bly ook net mens. Koningin Elizabeth of net Elizabeth, die Koningin het ook maar haar grille en geite, en dit is haar reg.  

Die koningin is ‘n ywerige televisie-aanhanger en berigte vroeër vanjaar het genoem dat sommige van haar dokters bekommerd was oor die hoeveelheid tyd wat die koningin laat in die nag televisie kyk. 

Die koningin se gunstelingprogram om te kyk is die Britste komedie Mrs Brown’s Boys. Mrs Brown’s Boys is ‘n BBC-komedie. Die ster van die program, Brendan O’Carrol, as ‘n raserige Ierse huisvrou, Agnes Brown, wie se gunsteling tydverdryf is om in die lewe van haar ses kinders in te meng.

Die van julle wat wel al hierdie komedie gekyk het, sal weet dat Mrs Brown skreeusnaaks is, maar enig in Britse komedie is haar humor nou nie juis bo die belt nie.  

Brendan O’Carrol was ‘n paar jaar terug verstom met die aanhoor van die koningin se opdrag. “Een van die min plekke wat ‘n voorskou van die program gekry het, is Buckingham-paleis. Ek was ‘n paar jaar gelede sprakeloos toe ek dit hoor dat koningin Elizbeth my grootste aanhanger is.” 

Hierdie komedie word opgeneem voor ‘n gehoor en Brendan verduidelik dat die “spesiale bestanddeel” die gehoor is. “Hulle laat ons weet as iets nie snaaks is nie.”

Dit is moeilik om die koningin as ‘n ou tannie wat giggelend in haar pajamas met ‘n koppie teë sit en televisie te kyk, te sien, want al wanneer ons haar sien is as sy in haar koninglike uitrustings paradeer en nie ‘n voet verkeerd sit nie.  

Dis goed om te weet sy bly mens. 

Lees ook gerus oor Gregory Carstens wat ‘n slagoffer was van diefstal. 

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].  

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.