Jy mag dink dit is net soos enige ander dag vir jou hondekind, maar dink weer. Dit is een van die mees traumatiese dae in jou hondekind se lewe. Volgens die Duitse dierewelsynsorganisasie TASSO is Oujaarsaand die dag van die jaar wanneer die meeste honde as vermis gerapporteer word.
Vuurwerke, geraas en harde musiek kan selfs die dapperste hond in ‘n bang hondjie verander. Wanneer jou hond bang is, het hulle die natuurlike instink om skuiling te gaan soek.
Een manier om te verseker dat jou hond op Oujaarsaand meer ontspanne en kalm sal wees, is om hulle gedurende die dag ‘n bietjie meer aktiwiteite as normaalweg te laat doen. Put hullle uit. Gaan stap Oujaarsdag dalk ‘n bietjie verder as normaalweg met jou hondekind.
As ‘n algemene reël, hou jou hond binne. As jy ‘n partytjie by jou huis hou op Oujaarsaand, dink vooruit en wy ‘n kamer of ‘n beperkte ruimte aan jou hond. Vul die spasie met jou hond se komberse, ‘n bietjie kos en ander bekende items. Hierdie kamer sal jou hond se veilige plek gedurende die aand wees.
Weet jy? Honde kan vier keer so goed as mense hoor. Vuurwerke en klappers kan dus spanning in jou hondekind veroorsaak. Indien moontlik, neem jou hond na ‘n stil plek, weg van die partytjie of vuurwerke. As hulle kon, sou jou hond jou daarvoor bedank.
Honde is baie nuuskierige diere. Vind alternatiewe maniere om jou hond te vermaak. Probeer om ‘n nuwe speelding te koop. As ‘n hond iets nuuts het om mee te speel, is hulle baie minder geneig om om te gee oor wat rondom hulle aangaan.
Maak ook gebruik van die “half-wrap” metode, dit laat die hond beskermend voel en maak hulle ook rustig.

Lees gerus hier oor Mariah Carey se gewildste liedjie.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



