Mariah Carey (52) is ‘n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, platevervaardiger en aktrise en is bekend vir haar unieke sangstyl. Sy word deur baie beskryf as die “Songbird Supreme” en die “Koningin van Kersfees”.
Mariah se sangstyl, sowel as haar sangvermoë, het ‘n beduidende impak op populêre en kontemporêre musiek Sy word beskou as een van die grootste sangers ooit.

Mariah Carey het op Kersfees in 1994 die liedjie ‘All I want for Christmas is you’ bekendgestel, maar het vir seker nie in haar wildste drome gedink dat hierdie liedjie 27 jaar later steeds een van die mees gewildste Kersfeesliedjies sal wees nie.
‘All I want for Christmas is you’ hou steeds sy plek in die Billboard Global 200 met 105,3 miljoen kykers aanlyn (30% meer as 2020) en 17 100 verkope (16% meer as 2020) vanaf 1 Desember 2021. In 1994 was hierdie liedjie vir 4 weke die nommer een-liedjie.
Die gewildheid van ‘All I want for Christmas is you’ was vir Mariah ‘n groot inspirasie om in 2017 ‘n animasiefliek vry te stel, ook genaamd ‘All I want for Christmas’. Mariah se stem kan gehoor word as die stem van haar ouer self in dié familie- en Kersfilm.

Lees gerus oor die feminis Joseph Gordon-Levitt.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



