“Jou geslag definieer nie wie jy is nie, jy kan wees net wie jy wil,” het die akteur Joseph Gordon-Levitt in ‘n onderhoud gesê.
Hierdie jong akteur, bekend vir sy baie rolle, onder andere een van die hoofrolle in 500 Days of Summer, is nie skaam om vir vroueregte op te staan nie.
Hy sê dit is sy ma wat hom so inspireer. Sy ma, wat deur al die fases van feminisme is, het gesorg dat haar seun van kleins af alle vrouens moet respekteer.

In hierdie onderhoud het hy gesels oor die salarisgaping en die stigma rondom moederskap. Hy gee ook ‘n paar voorbeelde oor hoekom hy dink feminisme nodig is. Joseph het openelik gesê dat hy ‘n feminis is. ‘n Gebaar wat sy aanhangers toegejuig het.
“Mense dink aan die woord feminisme as ‘anti-mans’, of dat dit beteken dat dit nie reg is vir vrouens om dinge te doen wat mans doen nie. Die tradisionele uitkyk is dat ‘n vrou se plek by die huis is, besig om kinders groot te maak. Mans en vrouens is nou gelyk.”
Hierdie is ‘n ingewikkelde onderwerp. Joseph het sy mening gelig oor hierdie onderwerp, ongeag van hoe sy aanhangers daarop sal reageer.
Hy voel alles is ‘n vrou se eie keuse. “As sy ‘n ma wil wees, laat sy ‘n ma wees. As sy dit voltyds wil doen, laat sy dit doen. As sy ‘n ma wil wees, maar ook ‘n voltydse beroep wil hê, laat sy dit doen. Dit bly haar besluit.”




