Veteraanaktrise Betty White sterf op 99

Deel hierdie storie / Share this story

Betty White, veteraanaktrise bekend vir haar rol in The Golden Girls en Hot in Cleveland is slegs ‘n paar weke voor haar 100ste verjaarsdag oorlede.

White was ‘n geliefde aktrise en komediant wie se loopbaan in Hollywood oor byna agt dekades gestrek het.

White is Vrydag in haar huis in Kalifornië oorlede. ‘n Woordvoerder vir die Los Angeles Fire Department het aan Rolling Stone bevestig hulle het omstreeks 08:33 op ‘n noodhulp-oproep gereageer. Hulle het haar toe dood verklaar.

Jeff Witjas, Betty White se agent en vriend, het aan People gesê: “Selfs al was sy amper 100 jaar oud, het ek gedink sy sou vir altyd leef. Ek sal haar vreeslik mis. Ek dink nie sy was ooit bang om dood te gaan nie, want sy wou altyd weer by haar man Allen Ludden wees. Sy’t geglo sy sal weer by hom wees.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Koningin Elizabeth mal oor Mrs Brown’s Boys

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.