Liggaam by Roodeplaat-dam steeds ‘n raaisel

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n onbekende persoon wat Maandag 27 Desember in die Roodeplaat-dam gevind is, is steeds nie geïdentifiseerde nie.

Die Kameeldrift-polisie kon wel bevestig dat dit net ‘n persoon se bolyf is wat gevind is. Die kop, arms, bene en privaat dele is nie aan die liggaam nie.

‘n Ooggetuie het na bewering ‘n voertuig gesien wat op die brug stilgehou het. Ooggetuies sê dat hulle gesien het hoe iemand iets in die Roodeplaat-dam gooi. Ná die polisie gaan ondersoek instel het, het hulle op ‘n gevriesde torso in die water afgekom.

Konst. Lethabo Mashiloane, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n beroep op inwoners wat inligting het oor die liggaam, om na vore te kom en die polisie te help om hierdie saak op te los. 

Lees gerus ook meer oor Ram vir ‘n Rus se Tatiana.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].  

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.