Daisy de Melker vandag 89 jaar gelede gehang

Suid-Afrika se bekendste gifmoordenares, Daisy de Melker, was op 46 jaar oud toe sy in Pretoria gehang is vir die moord op haar seun, Rhodes Cecil Cowle. 

Daisy Louisa C. de Melker, gebore op 1 Junie 1886, net bekend as Daisy de Melker, was ‘n opgeleide verpleegster. Sy het haar mans, William Alfred Cowle en Robert Sprout, met strignien vergiftig.

Dié moorde is gepleeg vir hul lewensversekeringsgeld terwyl hulle in Turffontein in Johannesburg gewoon het.

Sy het toe haar enigste seun met arseen vergiftig om redes wat steeds onduidelik is.  

De Melker is van al drie die moorde aangekla.

Openbare belangstelling in die saak het gegroei en koerante het die storie wyd en syd gedek.

Abraham Spilkin, by wie De Melker die arseen gekoop het waarmee sy haar seun vergiftig het, het die polisie gekontak nadat hy De Melker op ‘n koerantfoto herken het as “Mev D.L. Sproat”, die naam wat sy gebruik het toe sy die arseen gekoop het.

Daisy de Melker is na ‘n opspraakwekkende verhoor onskuldig bevind aan die moord op haar twee voormalige eggenote. Sy is egter wel skuldig bevind aan die moord op haar seun.

Die motief op haar seun se moord kon nie deur die hof vasgestel word nie. De Melker is as ‘n armlastige begrawe na sy tydens haar moordverhoor boonop insolvent verklaar is. Daisy de Melker is die tweede vrou wat tereggestel is in Suid-Afrika.  

Vind hier uit hoe jy elke aand goeie drome kan hê.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.  

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]  

FiND iThttps://www.facebook.com/groups/www.finditinkimberley.co.za/permalink/4474397412669590/?app=fbl is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.  

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis. 

Leave a Reply

Your email address will not be published.