DJ Karabo, of bekend as Miss Ducasse, was ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse platejoggie en ontwerper wat deur baie Suid-Afrikaners bewonder is. Vriende en gesinne is in stukke nadat hulle verneem het van die dood van DJ Karabo. Dit was vir menigte ‘n groot skok.
‘n Amptelike verklaring oor DJ Karabo afsterwe moet nog bekendgemaak word. Huldeblyke stroom intussen in op Twitter en bekendes soos Boity Thulo deel hul meegevoel.
Dit is nog onbekend hoe DJ Karabo oorlede is, maar sy het wel in ‘n twiet bekendgemaak dat sy op 20 Desember in die hospitaal opgeneem is.

Lees gerus hier oor die onopgeloste raaisel van die lyk wat in Roodeplaat-dam gevind is.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



