Hond wat vyfjarige seuntjie op Oukersaand doodbyt, van kant gemaak

‘n Hond wat ‘n vyfjarige seuntjie op Oukersaand doodgebyt het, is van kant gemaak.

Die seuntjie is dood en sy ouma beseer nadat hulle op Oukersaand deur ‘n hond aangeval is.

Manny Eveleigh was besig om te swem toe ‘n Engelse bulterriër en Amerikaanse bulldog-kruising hom skielik aanval.

Manny se ouma wat hom probeer red het, se arm is ook tydens dié aanval beseer.

Nadat die nooddienste ontbied is, het Manny reeds ‘n groot hoeveelheid bloed verloor en moes hy op die toneel ‘n noodbloedoortapping ontvang voordat hy na ‘n hospitaal gehaas is vir ‘n operasie. Hy het ernstige bytwonde aan sy nek en rug gehad.

Manny is tydens dié operasie oorlede.

Volgens Courier Mail het Manny nie met die hond gespeel nie en was die aanval nie deur hom uitgelok nie.

Manny se pa, Angus, ‘n enkelpa, wat deur familie en vriende as ‘n toegewyde pa wat baie lief was vir Manny beskryf word, is gebroke.

“Hoe hanteer ek die verlies van my baba, my eersgeborene, my hele wêreld.”

Sedert die aanval is daar opnuut versoek dat regulasies toegepas moet word rondom die besit van gevaarlike honderasse.

Leave a Reply

Your email address will not be published.