‘n Eenjarige dogtertjie en ‘n vierjarige seuntjie is twee van die sewe persone wat in die vroeë oggendure op Kersdag glo deur ‘n familielid doodgeskiet is.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die slagoffers se name bekendgemaak.
Mpho Donald Ndou (33)
Ndivhuwo Douglas Ndou (33)
Portia Mabasa (37)
Rendani Winnus Ndou (12)
Wanga Ndou (1)
Ronewa Ndou (4) en Dakalo Makondo (8), ‘n dogtertjie wat op pad na die hospitaal dood is.
Mojapelo sê die 52-jarige familielid het homself ná die moorde aan die polisie oorhandig. Hy bly in aanhouding en sal op 28 Desember in die Malamulele-landdroshof verskyn.
Lees die vorige berig hier.



