Sewe persone, insluitend ‘n swanger vrou en vier kinders, is Saterdagoggend kort na midderdag in Limpopo doodgeskiet.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die skietery het Saterdagoggend by Jimmy Jones Village net buite Malamulele plaasgevind.
“Kort na middernag het die verdagte twee mans, een van hulle swanger vrouens en vier kinders doodgeskiet. Hy het sy gelisensieerde vuurwapen gebruik.”
Mojapelo sê die slagoffers se name sal later in die ondersoek bekendgemaak word.
Die verdagte is tans in aanhouding na hy homself aan die polisie oorhandig het. Hy staan tereg op aanklagte van sewe moorde.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Hou FiND iT dop vir meer hieroor.



