Die kombinasie van sagte smake en kleure in die heerlike Kersfees-koekstruif is baie spesiaal! Met dié resep van Marlene Schoeman, kookboekskrywer van die Vrystaat, gaan jy vir seker jou gesin dié feestyd beïndruk.
Dis maklik, vinnig en lyk ook vrolik vir die Kerstafel.
Neem ‘n klaargemaakte rolkoek, Madeira-koek of enige ander koek en sny dit in skywe.
Pak die koek onder in ‘n mooi glasbak.
Maak kersiejellie aan en gooi oor die koek sodat dit intrek.
Sny vars aarbeie of geblikte vrugte bo-oor.
Neem nou botterkaramel (butterscotch) of sjokolade kitspoeding en maak dit aan.
Gooi dit bo-oor die vrugte en plaas in die yskas om heeltemal te stol.
Maak vla of gebruik boksie-vla en gooi bo-oor.
Klop room styf en sit dit in ‘n spuitsak om bo-oor die vla te spuit.
Versier met vars aarbeie, bessies, kersies of fyngekapte sjokolade.
Die resep is ongelooflik lekker en so min moeite, veral vir mense wat koekstruif sonder alkohol verkies.
Wenk: Dit kan ook in individuele bakkies vir gaste gemaak word.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Feestelike Kersfeesbolletjies



