KYK: Demi Lovato sing vir gees wat ‘aan trauma ly’

Deel hierdie storie / Share this story

Demi Lovato loop nou onder aanlyn trolle se kritiek deur ná hulle ‘n video waarin hulle vir ‘n gees “wat aan trauma ly” sing, uit hulle doku-reeks Unidentified with Demi Lovato gedeel het.

Die reeks, wat op Peacock TV uitgesaai word, is glo in ‘n spookhuis geskiet.

In die video wat hulle gedeel het, is hulle saam met hulle vriend Matthew Scott en die paranormale ondersoeker Chris Smith. Die drie het glo op ‘n spook met die naam Carmen afgekom en Demi het ‘n “gesprek” met haar gevoer. Die episode eindig egter nie daar nie…

In die video vra die drie vrae en wag vir die gees om te antwoord. Terwyl die twee mans in die vetrek is, tel die elektromagnetiese-meter wat hulle gebruik om “kommunikasie” met die geeste op te tel, niks op nie. Die twee mans loop dan. Demi vra die spook dan of sy niks wou sê nie omdat die mans daar was, waarna die meter dan ‘n geluid begin maak.

“Sy ly aan trauma. Dis hoekom sy nie van mans hou nie,” sê Demi dan.

“Wel, ek sing altyd Skyscraper as ek iets emosioneel wil sing,” sê hulle dan voor hulle begin om die liedjie te sing.

Kyk hier na die video.

Meer as 2,6 miljoen mense het al van die video, wat op 30 September gedeel is, gehou.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se eerste Kersuitgawe!

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.