Geldensteyn Leather: Bekostigbaar, luuks, tydloos

Deel hierdie storie / Share this story

Geldensteyn Leather, ‘n produksiemaatskappy wat spesialiseer in leerproduksie vir mense se eie unieke handelsware, korporatiewe maatskappye en kleinhandelaars, ontwerp die mooiste, tydlose leerprodukte.

Die unieke naam Geldensteyn Leather is ‘n kombinasie van die eienaar, Chanel Steyn, se huidige én nooiensvan, Geldenhuys.

Geldensteyn Leather het al met groot sukses saam met handelsmerke soos Loka, Boerboel en verskeie ander korporatiewe besighede gewerk en die mooiste leerprodukte vervaardig.

Die leerontwerpe is nie net tydloos nie, maar hou ook ‘n leeftyd.

Vir die ontwerpe gebruik Geldensteyn Leather bees en wild-leer met natuurlike vlekkies en skrapies, wat bydra tot die egtheid en uniekheid van die produk.

“Selfs al is hierdie geringe onvolmaakthede sigbaar, gebruik ons dit eerder as klaar voorbereide vel. Alhoewel die voorbereide velle glad in voorkoms is, voel ons dit doen afbreek aan die egtheid van die produk.”

Geldensteyn Leather kies die sterkste en mooiste leer sodat jy ‘n produk kan kry waarop jy nie net kan trots wees nie, maar wat sal hou.

“Ons spandeer tyd om ons ontwerpe en produktemet die hand te verfyn om seker te maak dit is beide aantreklik en prakties.”

Geldensteyn Leather het ‘n klein standaardreeks van eksklusiewe ontwerpersprodukte op hulle aanlynwinkel beskikbaar, maar doen ook graag pasgemaakte ontwerpe.

Gaan loer gerus hier indien jy jou eie reeks wil ontwikkel of vir jou volgende korporatiewe funskie die mooiste geskenke wil bestel.