Byna 22 000 nuwe Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens die jongste verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), is byna 22 000 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld.

‘n Verdere 69 014 Covid-19-toetse is in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 21 099 nuwe gevalle, wat ‘n positiwiteitskoers van 30,6% verteenwoordig.

Die sterftes syfer staan nou op 90 587 nadat nóg 99 sterftes aangemeld is.

Daar was ‘n toename van 593 hospitaalopnames die afgelope 24 uur aangemeld, met ‘n totaal van 9 324 hospitaalopnames weens die virussiekte landwyd.

Die meerderheid nuwe gevalle was Woensdag in KwaZulu-Natal (26%), gevolg deur Wes-Kaap (22%). Die jongste data wys dat Gauteng reeds die piek van die vierde vlaag bereik het.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Meeste Covid-19-gevalle in KZN

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.