Meeste Covid-19-gevalle in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Die meeste Covid-19-gevalle wat in die laaste 24 uur in Suid-Afrika opgeteken is, in nou in KwaZulu-Natal.

Volgens die Nasionale Departement vir Oordraagdare Siektes (Nios), is daar oor die afgelope 24 uur 15 424 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 332 008 te staan ​​bring.

Hierdie toename in Covid-19-gevalle verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 27,6%.

‘n Verdere 35 sterftes is aangemeld, wat die totale sterftes op 90 488 bring.

20 775 208 toetse is in beide openbare en private sektore uitgevoer.

Die meerderheid nuwe gevalle is op 21 Desember in KwaZulu-Natal (26%) aangemeld, gevolg deur Wes-Kaap. Gauteng staan op 21%; Oos-Kaap 9% en Vrystaat 6%. Noord-Wes is op 5%; Limpopo en Mpumalanga het elk 4% en die Noord-Kaap was verantwoordelik vir 3%.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Moordenaar (16) sê hy is ‘tevrede’ met moord op 6-jarige

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.