Moordenaar (16) sê hy is ‘tevrede’ met moord op 6-jarige

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sestienjarige moordenaar het in 2018 gesê hy is “tevrede” met die moord op die 6-jarige meisie ná hy haar verkrag en vermoor het.

Die 16-jarige Aaron Campbell het in 2018 om ongeveer 02:00 die oggend by die huis van Alesha MacPhail se grootouers ingesluip en die 6-jarige meisietjie uit haar bed gaan haal en ontvoer toe sy by haar ouma-hulle in Skotland gekuier het.

Campbell het Alesha, wat toe in graad 3 was, verkrag en toe vermoor. Hy het haar liggaam in ‘n woud gelos, waar ‘n verbyganger later op haar sou afkom.

Die verbyganger het Alesha se liggaam die oggend om 09:00, gesig na onder, op die grond gekry. Haar grootouers het haar die oggend 06:23 as vermis aangemeld.

Volgens polisieverslae het die outopsie getoon dat sy 117 afsonderlike beserings aan haar liggaam gehad het.

Na hy gearresteer is, het Campbell aanvanklik onskuldig gepleit en enige betrokkenheid by die misdaad ontken. Hy het beweer Alesha se pa se meisie, Toni, het haar doodgemaak.

Campell is skuldig bevind aan klagte van ontvoering, verkragting en moord. By sy vonnisoplegging het Campbell skuld erken en bygevoeg dat hy “nogal tevrede” is met die moord.

Hy is lewenslank tronkstraf opgelê met die beslissing om na 24 jaar eers vir parool in aanmerking te kom.

Sedert Campbell in die Polmont-tronkselle opgesluit is, het hy ‘n “briefskryf-verhouding” met ‘n seksmisdadiger in ‘n ander tronk opgebou.

Volgens The Sun het bronne aan hulle bevestig dié twee skryf byna daagliks vir mekaar briewe.

Alesha se grootoupa, George Lochrane, sê: “Dit verbaas by nie eers ‘n bietjie nie. Hy is ‘n monster en ‘n luiperd verander nie sy kolle nie.”

Na bewering het die tronkpersoneel bekommerd geraak en die polisie monitor nou die twee se kommunikasie.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: NZ verbind man se moord aan Pfizer-inenting