Die goorgomgaatjie

Deel hierdie storie / Share this story

Protea Boekhuis publiseer Julia Donaldson se Die goorgomgaaitjie.

Hierdie hardeband prenteboek van 32 bladsye is die opvolg van die baie gewilde Die goorgomgaai. Dis ’n lieflike storie propvol avontuur en ontdekkings. ’n Goorgomgaaitjie se pa waarsku haar om uit die bos uit te bly omdat die Nare Muis wat goorgomgaaie eet daar bly. Die klein goorgomgaaitjie is egter lus vir pret en sluip uit die grot die bos in toe haar pa slaap. Die bos is donker en boonop sneeu dit en die wind waai. Die goorgomgaaitjie ontmoet ’n paar interessante karakters tydens haar avontuur. Maar net toe sy besluit om nie meer in die Nare Muis te glo nie, sien sy iets waar haar anders oortuig. Dis ’n heerlike verhaal wat kinders tussen vier en agt jaar oud sal vermaak. Die rymende teks is deur Jaco Jacobs in Afrikaans vertaal. Hy het al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense geskryf en meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal.

Die skrywer Julia Donaldson het al meer as 100 kinderboeke geskryf en verskeie pryse daarvoor ingepalm, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Die illustreerder Axel Scheffler se werk is ook al internasionaal bekroon en in verskeie lande uitgestal. Hy en Donaldson werk gereeld saam aan nóg ’n kinderboek. Protea Boekhuis gee ook die volgende titels van hierdie skrywer-en-illustreerder-paar uit: Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016), Stories uit die Eikewoud (2016), Amok op ’n besemstok (2018) en Die Goorgomgaai (2020).

Skaf jou kopie van Die goorgomgaaitjie hier aan.