Nieu-Seeland-owerhede het Maandag in ‘n verklaring gesê dat hulle die dood van ‘n 26-jarige man aan die Pfizer-inenting verbind. Die man het glo ná hy die inenting ontvang het, ‘n skaars harttoestand miokarditis opgedoen.
Die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, het sy eerste dosis van die Pfizer-inenting ontvang twee weke voor hy met dié harttoestand gediagnoseer is.
Die man se dood is Nieu-Seeland se tweede gerapporteerde sterfte as newe-effek van die inenting. Gesondheidsowerhede het ook in Augustus die dood van ‘n vrou gerapporteer ná sy haar dosisse ontvang het.
“Met die beskikbare inligting op die oomblik, oorweeg die raad miokarditis in hierdie geval moontlik is as gevolg van die inenting,” het die Covid-19 Vaccine Independent Safety Monitoring Board in ‘n verklaring gesê.
Die man het glo nie vir mediese behandeling gegaan ná hy simptome begin toon het nie.
Miokarditis is ontsteking van die hartspier wat die hart se vermoë om bloed te pomp, beperk. Dit kan ook veranderinge in hartritme veroorsaak.
In die verklaring sê die raad ook dat twee ander mense, insluitend ‘n meisie van 13 jaar oud, ook oorlede is na hulle vermoedelik miokarditis ná die inenting opgedoen het.
Die raad het ook gesê die positiewe uitkomste weeg steeds meer as die negatiewe. – Reuters, NZ Herald, Forbes
Lees ook: Dogtertjie (3) dood tydens Pit bull-aanval
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



