Dogtertjie (3) dood tydens pit bull-aanval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dogtertjie van drie jaar oud is gister dood toe ‘n pit bull, wat deur ‘n stukkende hek in sy erf uitgekom het, haar aangeval het terwyl sy saam met maatjies gespeel het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die aanval het omstreeks 16:20 plaasgevind.

Simamkele Kovu het in Msenganastraat naby haar huis in die straat gespeel toe die pit bull haar aangeval het.

“Die hond is verskeie kere deur ‘n inwoner gesteek in ‘n poging om die dogtertjie te red. Sy het verskeie bytwonde aan haar nek en haar gesig gehad. Sy is op die toneel dood,” sê Naidu.

Volgens Naidu behoort die hond glo aan ‘n tiener wat in dieselfde straat woon, maar wat nie by die huis was ten tye van die aanval nie.

Naidu sê ‘n saak word ondersoek deur die Kwazakele-polisie.

“Die polisie doen ‘n dringende beroep op inwoners om seker te maak hulle erwe is goed beveilig en dat hulle troeteldiere binne die beveiligde areas bly.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Sesde kind sterf toe rukwind springkasteel skep

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.