Inentingspaspoort deur mikroskyfie-inplanting

Deel hierdie storie / Share this story

In Swede hoef sommige mense nie bekommerd te wees om met hul foon te vroetel om ‘n inentingspaspoort te wys nie – hulle kan dit onder hul vel kan laat inplant.

Die Sweedse owerhede het bekendgemaak dat Swede aan die begin van Desember ‘n nuwe wetgewing ingestel het wat vereis dat individue by geleenthede met meer as 100 persone ‘n Covid-19-entstofpaspoort moet hê.

Die maatskappy Epicenter, ‘n maatskappy wat spesialiseer in subedermale mikroskyfies so groot soos ‘n ryskorrel, het dit ontwerp.

Die firma het ‘n inplantaat ten toon gestel wat ‘n Covid-19-paspoort kan stoor wat dan deur enige toestel gelees kan word met behulp van die naby-veldkommunikasie (NFC) protokol.

Dis nie net ‘n inentingspaspoort wat op dié skyfies gestoor kan word nie, enige vorm van identiteitsdokumente, buskaarte of gimnasium-lidmaatskappe kan op die skyfie gestoor word.

Inplantings is baie veelsydige tegnologie wat vir baie verskillende dinge gebruik kan word en op die oomblik is dit baie gerieflik om jou inentingspaspoort altyd toeganklik te hê, het Epicenter se hoofbeampte, Hannes Sjoblad, gesê.

“Nie almal het dié skyfie spesifiek vir die inentingspaspoort gekry nie. Sommiges het reeds die mikroskyfie gehad. Die skyfies word óf in die arm óf tussen die duim en wysvinger ingeplant. Die proses is 100% omkeerbaar,” voeg Sjoblad by.

Volgens Moa Petersen, navorser van digitale kulture, het sowat 6 000 mense in die land reeds ‘n mikroskyfie gehad.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.