Polisieminister swem 12 uur tot by land ná helikopterongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisieminister van Madagaskar was een van drie oorlewendes wat vir 12 uur lank tot by die land moes swem ná ‘n helikopterongeluk.

Volgens die BBC was Serge Gelle saam met polisiebeamptes op pad na die plek waar ‘n vragskip gesink het, toe die helikopterongeluk plaasgevind het.

Die vragskip was glo onwettig aan boord. Daar was 138 passasiers op die skip, waarvan 24 persone steeds vermis is.

Minstens 64 persone is dood en 50 oorlewendes is gevind.

Gelle is in Augustus as polisieminister aangestel na hy vir 30 jaar ‘n polisielid was.

In ‘n video wat die ministerie op Twitter gedeel het, lê Gelle op ‘n stoel. “Dit was nog nie my tyd om dood te gaan nie.”

Gelle het glo aan ‘n helikoptersitplek vasgeklou en só van 19:30 tot 07:00 die volgende oggend na ‘n kusdorp Mahambo geswem. – BBC, SkyNews, The Guardian

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: NZ verbind man se dood aan Pfizer-inenting

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.