Die polisie in KwaZulu-Natal het vanoggend op kommersiële plofstof in ‘n verlate huis op Mooirivier afgekom.
Volgens brig. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, vermoed die polisie dat die plofstof in OTM-bomme gebruik sou word. “Alhoewel dit nog nie bevestig is nie, word daar vermoed dat die plofstowwe gebruik sou word om OTM’s op te blaas of in transitorooftogte.”
Die stof is ‘n Viper Booster-plofstof wat eintlik vir mynwerk gebruik word.
“Geen persone is al in hegtenis geneem in verband met die saak nie. Die polisie doen ‘n beroep op enigeen met inligting, om die polisie by 086 00 10111 te kontak,” sê Naidoo.
Enige inligting sal met streng vertroulikheid hanteer word en enige persone wat inligting gee, kan anoniem bly.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: ‘Oom Mitch was ‘n legende met ‘n groot hart’
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



