‘n Babadogtertjie van drie maande en haar 11-jarige sussie is Vrydagaand in Vanderbijlpark doodgeskiet, terwyl hulle sussie van vyf jaar oud onder komberse in ‘n ander kamer oorleef het.
Volgens ER24 het die polisie die nooddienste om 20:20 Vrydagaand gebel. Die ma en haar baba is op ‘n bed in ‘n kamer gevind en die 11-jarige het op ‘n tweede bed in dieselfde vertrek gelê.
Die derde dogtertjie het onder ‘n stretcher onder komberse in ‘n ander kamer weggekruip.
Die baba en haar sussie is op die toneel dood verklaar. Die ma is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal met ‘n ernstige skietwond aan haar bors.
“Die 30-jarige ma was in ‘n kritieke toestand en het gevorderde lewensondersteunende behandeling benodig voor sy na die hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
Lees ook: Polisie ontdek plofstof in verlate huis
Volg FiND iT hier op Facebook.



