Ons kan Len Cloete nog nie ondervra nie, sê Opod

Deel hierdie storie / Share this story

Len Cloete, wat verlede maand deur ‘n polisielid in die kop geskiet is tydens ‘n onderonsie by ‘n gastehuis in Muldersdrift, het nog nie genoegsaam herstel om ondervra te word nie.

Me Grace Langa, woordvoerder vir die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sê sy toestand het ‘n bietjie verbeter. Len, wat sedert die insident op medikasie was om hom kunsmatig in ‘n koma te hou, het intussen wakker geword.

“Hy is nou in staat om self asem te haal en kan sy oë ‘n bietjie oopmaak,” sê Langa.

“Opod sal advies en instruksie van Cloete se dokters ontvang sodra die tyd reg is om met hom te praat en sy verklaring te neem. Ons is nie op die oomblik in staat om hom te ondervra nie.”

Langa sê hulle sal wag tot ‘n stadium in sy herstelproses waar hy kan onthou en verduidelik wat gebeur het.

“Ons wil nie druk op hom plaas nie, want dit wat hy sê sal onder eed afgelê word en in die hof gebruik word. Ons moet geduldig wees tydens sy pad na herstel.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.