Len Cloete herwin bewussyn ná koma

Deel hierdie storie / Share this story

Len Cloete, wat glo verlede maand deur ‘n polisielid in die kop geskiet is en sedertdien op medikasie was wat hom kunsmatig in ‘n koma gehou het, het sy bewussyn herwin.

Die voorval het verlede maand by die Misty Hills Lodge in Muldersdrift in Gauteng plaasgevind.

In die video van die voorval, wat hier gekyk kan word, is drie polisielede in ’n rusie met Cloete, voordat Cloete in die kop geskiet word.

Me Grace Langa, woordvoerder van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod), het vandag aan FiND iT bevestig Cloete kan sy oë ‘n bietjie oopmaak en asemhaal.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Feestelike Kersfeesbolletjies

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.