Een van die regering se inisiatiewe om inentingsvlakke oor die feesseisoen te verhoog, is om ‘n kontantprys aan te bied vir mense wat voor die einde van die jaar teen Covid-19 ingeënt is.
‘n Hospitaalklerk van Ladysmith in KwaZulu-Natal het R100 000 gewen in die gelukkige trekking vir individue wat teen Covid-19ingeënt is.
Met die onlangse #VacinateToSaveSouthAfrica-veldtog het twinting mense ‘n R10 000 kontantprys gewen en 164 ander mense regoor die land ook elk ‘n R1 000-koopbewys.
Volgens die departement van gesondheid staan enige persoon wat teen die virussiekte ingeënt is, ‘n kans om die volgende R100 000 te wen.



