Vyf verbrande, ontbindende liggame van ontvoerde gesin gevind

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die verbrande en ontbindende liggame van ‘n familie van vyf, insluitend ‘n maand oue baba en ‘n 2-jarige kind, is Maandag gekry ná die familie op 16 November vermis geraak het.

Brig. Jay Nackier, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes is vir ondervraging geneem ná die familie vermis geraak het.

Die verdagtes van onderskeidelik 25 en 27 jaar oud is in KwaZinqamu in Elandskop voorgekeer.

Hulle is ondervra oor Sizwe Mauris Ngcobo (64), Thandazile Zondi (41), Bokokwakhe Khuboni (40), Sibongile Fanelesibonge (2) en die een maand oue baba, Libra Ngcobo, se verdwyning.

Die slagoffers is op hulle plaas in Boston net buite Pietermaritzburg ontvoer.

Die polisie se ondersoek het hulle gelei na Byrne in Richmond waar hulle die grusame ontdekking gemaak het. Die vyf familielede se liggame was verbrand en het al begin ontbind.

Volgens Nackier bestaan die moontlikheid van nog inhegtenisnemings. Sake van moord en ontvoering word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Kinders brand dood toe hulle in voertuig speel

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.