Die polisie ondersoek nou ‘n saak ná ‘n nege maande oue baba dood is toe hy in September aan kos by ‘n dagsorgsentrum verstik het.
Oliver Steeper was by Jelly Beans Day Nursery in Ashford toe hy skielik nie meer kon asemhaal terwyl hy besig was om te eet nie.
Daar is met die peuter na die hospitaal gejaag waar hy ses dae later oorlede is. Die dagsorgsentrum het weke na dié insident sy deure gesluit.
Klein Oliver se begrafnis is intussen by die Charing-krematorium gehou.
Die polisie het nou bevestig dat hulle besig is om die saak te ondersoek. Kent Safeguarding Children Multi-Agency Partnership kyk ook na die saak om te kyk of daar verbeteringe by kindersorg aangebring kan word.
Oliver se pa, Lewis Steeper, het gesê die begrafnis was mooi en die perfekte huldeblyk aan Oliver se lewe.
“Ons het wonderlike herinneringe, foto’s en video’s wat ons vir altyd na aan die hart sal hou. Oliver se teenwoordigheid bly sterk in ons huis.” – Daily Mail
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Identiese tweeling volg vir 12 weke verskillende diëte
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



