‘n Identiese tweeling was deel van ‘n studie om uit te vind watter dieet is die gesondste -‘n vegan-dieet of ‘n vleis-dieet.
Hugo en Ross Turner het besluit om dié diëte aan te pak. Hugo het die plantgebaseerde dieet probeer, en Ross se dieet het uit vleis, suiwel en vis bestaan.
Die studie, wat deur die Kings College in Londen gedoen is, het vir twaalf weke geduur. Hugo en Ross het dieselfde aantal kalorieë per dag ingeneem en ook dieselfde oefenprogram gevolg.
In ‘n onderhoud met die BBC sê Hugo dat dit vir hom ‘n aanpassing was om die plantgebaseerde eetplan te volg, maar dat hy teen die einde meer energiek gevoel het. Hy vertel hy het in die eerste paar weke baie lus gehad vir vleis, suiwel en kaas.
Ross vertel sy oefenvermoëns was ‘n bietjie “op en af”. Sommige dae het hy meer energiek gevoel as ander en sommige dae was hy baie moeg.
Aan die einde van die 12 weke het die tweeling gesê dat hulle nie regtig ‘n groot verskil in die twee verskillende diëte gesien het nie.
Hugo se cholesterol-vlakke het gesak, hy het gewig verloor en sy teenstand teen twee tipes diabetes het verbeter. Hugo het aan die begin van die dieet 83,9 kg geweeg en sy vetpersentasie was 13%. Aan die einde van die 12 weke het hy 82,1 kg geweeg en sy vetpersentasie was 12%.
In vergelyking met sy broer, wat ook 13% vetpersentasie aan die begin gehad het, het Ross se vetpersentasie na 15% gestyg en hy het ook 4,5 kg opgetel.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Bron: LadBible
Lees ook: Vrugtekoekresep



