Vyf en veertig jaar ná ‘n student aan die Auburn University op pad na die universiteit vermis geraak het, is sy motor (en moontlik van sy oorskot) gevind.
Kyle Clinkscales het op 27 Januarie 1976 saam met sy 1974 Ford Pinto in Georgia vermis geraak.
Die 22-jarige het nooit by die klas opgedaag nie en sy ouers het hom as vermis aangemeld, berig ABC News.
Owerhede in Georgia het vir 45 jaar na Clinkscales en sy motor gesoek en elke moontlike leidraad gevolg om hom te probeer opspoor, maar geen vordering is in die saak gemaak nie..
‘n Verbyganger het nooddienste Dinsdag ontbied toe hy ‘n motor in ‘n dam in Alabama gewaar het.
ABC News berig daar is na bewering menslike bene in die motor gevind, en die Georgia Bureau of Investigation is tans besig om die bene te ondersoek voor hulle dit kan identifiseer.
Clinkscales se identiteitsdokument en bankkaarte is in ‘n beursie in die motor gevind.
Die dam is ongeveer 4,8 km van Clinkscales se universiteit af.
ABC News berig ook dat die owerhede nou hopelik sal kan vasstel wat die oorsaak van die 22-jarige student se dood kon wees en of dit weens moord of ‘n motorongeluk was.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Sonja Visser: ‘Sy het in soveel mense se harte ingekruip’
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



