Danie Kruger: “Dis dalk sy laaste Kersfees”

Deel hierdie storie / Share this story

Danie Kruger (9) is skaars ‘n jaar na sy pa in 2020 oorlede is met beenkanker (Ewing Sarcoma) aan sy hand gediagnoseer.

Hy het chemoterapie ondergaan waarna sy vinger ook geamputeer is. Hy was drie maande in remissie.

Ongelukkig het klein Danie ‘n terugslag gehad, en dié keer was dit wéér nie goeie nuus nie.

Ongeveer ‘n maand gelede het Danie begin kla dat sy skouer baie seer is. Sy dokter het hom vir ‘n MRI en ‘n PET-skandering gestuur, wat wys dat sy kanker teruggekeer het en dit terminaal is.

Daar is ongelukkig niks meer wat mediese behandeling vir Danie kan doen nie, aangesien die kanker baie aggressief teruggekeer het.

Die dokters het Danie se medikasie verhoog om hom gemaklik te probeer hou, en omdat die MRI wys daar is meer kanker as been in sy arm, gaan hulle hom op 5 Januarie 2022 opereer.

Chirurge sal die spier en been in sy arm verwyder en ‘n been uit klei en metaal bou sodat, hoewel Danie nie sy bo-arm sal kan gebruik nie, hy ten minste sy voorarm sal kan gebruik.

Danie se tannie, Chrisiaan Brits, sê hoe moeilik dit is om te aanvaar, besef hulle dat hierdie dalk Danie se laaste vakansie en Kersfees sal wees.

“Ons benodig goed vir die operasie om dinge vir hom te vergemaklik en as familie wil ons graag die laaste tyd wat ons saam met hom het so spesiaal as moontlik maak.”

“Indien enige iemand ‘n donasie wil maak of selfs net vir ons kan bid, sal ons dit baie waardeer.”

D Kruger
Nedbank
Cheque account
1220404926

Volg FiND iT hier op Facebook.