Jy sal nie meer in Nieu-Seeland kan sigarette koop nie

Deel hierdie storie / Share this story

Nieu-Seeland het Donderdag aangekondig hy sal die koop en verkoop van sigarette en so ook rook vir die toekomstige geslagte heeltemal verbied.

Hulle beoog ook om die ouderdom waarop mense sigarette mag koop, met tyd op te hef.

Enigiemand wat na 2008 gebore is, sal in hulle leeftyd nooit in dié land wettig sigarette kan koop nie. “Ons wil seker maak dat jongmense nooit begin rook nie,” sê gesondheidsminister Ayeasha Verall.

Dokters en ander gesondheidskundiges van regoor die wêreld het dié aankondiging verwelkom.

“Dit sal mense in Nieu-Seeland help om op te hou rook of na minder skadelike produkte oor te skakel, en dit verminder die kanse dat jongmense aan nikotien verslaaf raak,” het Janet Hook van die Universiity of Otago gesê.

As deel van die aankondiging het die Nieu-Seelandse regering ook streng tabakbeheer aangekondig, wat veroorsaak dat daar streng beheer uitgeoefen gaan word oor waar sigarette beskikbaar sal wees.

Tans is daar meer as 8 000 winkels wat sigarette aanhou en verkoop,maar die toegelate aantal winkels is na 500 verminder.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Student se motor gevind na hy in 1976 verdwyn

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.