Eben Etzebeth, een van die wêreld se beste slotte, gaan die volgende drie maande langs die kantlyn deurbing.
Die Franse klubspan Toulon het in ‘n verklaring bevestig dat Etzebeth ingevolge die protokol rakende harsingskudding gedwing word om “terug te staan”.
Volgens die verklaring is die besluit verpligtend.
Etzebeth het vir die derde keer binne ‘n jaar harsingskudding opgedoen in die Springbokke se laaste jaareindtoets teen England op Twickenham.
Dit was die 95ste keer wat Etzebeth sy land verteenwoordig het.
“Toulon-rugbyklub wens Eben Etzebeth ‘n spoedige herstel toe.”
Volg FiND iT hier op Facebook.
Klik hier om die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co. te lees.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



