Plett Rage gaan steeds voort

Deel hierdie storie / Share this story

Plett Rage se organiseerders het bevestig dat die immergwilde na-matriekfees steeds Vrydag in Plettenbergbaai afskop.

Dié aankondiging volg nadat Ballito Rage na slegs een dag gekanselleer is, nadat 36 ingeëntes positief vir die Covid-19 getoets het.

Plett Rage sal steeds tussen 3 Desember en 7 Desember plaasvind.

Die organiseerders van Plett Rage het vanoggend ‘n beroep op feesgangers gedoen om nie in groot groepe byeen te kom nie en alle veiligheidsmaatreëls na te kom.

Volgens die organiseerders sal jy nie jou geld terugkry as jy positief toets vir die virussiekte nie. Jou vriende met wie jy in aanraking gekom het, sal ook nie op die perseel toegelaat word nie.

Joburg Rage is uitgestel tot 2022, met Jbay Rage wat nog bevestig moet word.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co. hier.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.