Skokkende nuwe Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Skokkende 8 561 nuwe Covid-19-gevalle is teen Woensdagaand aangemeld.

72% van dié gevalle kom uit Gauteng.

Volgens die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes (Nios) is altesaam 51 977 Covid-19-toetse in die afgelope 24 uur uitgevoer, met 8 561 nuwe gevalle, wat die positiwiteitskoers tot op 16,5% bring.

Suid-Afrika het gister 4 373 koronavirusgevalle aangemeld, wat beteken dat die aantal daaglikse gevalle met 96% die afgelope 24 uur gestyg het.

Die Omikron-variant is al in vyf provinsies oor die land aangemeld.

Kenners meen dat Suid-Afrika teen die einde van die week meer as 10 000 nuwe gevalle per dag sal aanteken. Dit laat die vermoede ontstaan dat president Cyril Ramaphosa moontlik Sondagaand met die landsburgers sal praat.

Die epidemioloog, professor Salim Abdool Karim, voorspel dat die vierde vlaag tussen 2 Desember vanjaar tot 15 Februarie 2022 (75 dae) kan duur.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Klik hier vir die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.