Genadedood nou slegs vir individue wat ingeënt is of reeds Covid gehad het

Deel hierdie storie / Share this story

Genadedood is nou in Duitsland slegs vir mense wat ingeënt is teen Covid-19 óf van die siekte herstel het, beskore.

Genadedood en die gepaardgaande voorbereidings vereis “menslike nabyheid”, wat ‘n voorvereiste en teelaarde is vir die oordrag van die koronavirus.

Dis volgens ‘n verklaring van die Duitse Genadedoodvereniging (Verein Sterbehilfe), wat verklaar het dit sal nou net diegene help wat ingeënt is of van die siekte herstel het.

Die Genadedoodvereniging het in ‘n verklaring wat op sy webwerf geplaas is, gesê dat beide genadedood en die voorbereiding vir die genadedood, menslike nabyheid vereis.

LEES OOK: President Ramaphosa aan die woord

Duitsland se waarnemende kanselier, Angela Merkel, saam met die land se 16 staatspremiers, het verlede week ooreengekom oor verskeie maatreëls om die pandemie te bekamp. Dit is na dié byeenkoms dat die vereistes dat mense ingeënt moet wees of herstel het van die siekte, gepubliseer is.

Die leiers het die belangrikheid van Covid-19-inenting vir alle hospitaal- en verpleegpersoneel beklemtoon. Hulle het ook besluit om “2G”-beperkings op die ongeëntes in te stel in gebiede waar ‘n bepaalde hospitalisasiekoers oorskry word. “2G” verwys na ‘n stelsel wat slegs vrye beweging toelaat vir ontspanningsaktiwiteite vir mense wat ingeënt is of herstel het van die virus.

Volg FiND iT op Facebook hier en klik hier om meer artikels te lees. Laai ook ons toep hier af.