Eclair-roompoffertjies

Deel hierdie storie / Share this story

As jy gewonder het hoe jy dié feesseisoen jou geliefdes kan bederf, is hierdie die perfekte resep. Marlene Schoeman deel met ons ‘n resep vir eclair-roompoffertjies.


Bestandele:

250 ml kookwater
125 ml margarien
250 ml koekmeel
2 ml sout
4 groot eiers


Metode:

Gooi kookwater in kastrol en smelt die margarien daarin. Roer meel en sout in kastrol en roer totdat dit bymekaarkom en ‘n stywe bal vorm en nie meer aan die kante vaskleef nie.
Haal van stoof af, roer nog en laat vyf minute afkoel. Roer eiers een op ‘n slag by.
Skep lepels vol op bakplaat of sit in spuitsak – ek maak ronde of lang poffertjies.
Bak by 200 grade vir 10 minute.
Bak nog 10 minute by 180 grade.
Laat afkoel, vul met geklopte room en gooi gesmelte sjokolade bo oor.