Drank, grense bly oop, sê pres. Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

Alhoewel die land op vlak een van inperking bly, sal geen bykomende beperkings nou ingestel word nie, het president Ramaphosa Sondagaand gesê.

Die nasionale koronavirusraad het besluit om weens die styging in Covid-19-gevalle en die nuwe variant wat in SA gevind is, die land op vlak een van inperking te hou.

Die nasionale ramptoestand bly egter steeds van krag.

Die aandklokreël bly van 12:00 tot 04:00.
Nie meer as 700 mense mag binnenshuis en nie meer as 2 000 buite bymekaarkom nie.
Byeenkomste ná begrafnisse word steeds nie toegelaat nie.
Alkohol mag verkoop word, maar nié tydens die aandklokreël nie.