Theuns Jordaan se ma sterf twee dae ná sy begrafnis

Deel hierdie storie / Share this story

Theuns Jordaan (50) wat Vrydag in ‘n hartroerende seremonie gegroet is se ma, Maryna Jordaan, is oorlede, skryf Bobby van Jaarsveld in sy Instagram-post.

Tannie Maryna is minder as 48 uur na haar seun se diens oorlede. Verdere besonderhede oor haar dood is nog onbekend.

Theuns is op 17 November oorlede nadat leukemie ‘n jaar gelede by hom gediagnoseer is.

Tannie Maryna, wat in ‘n versorgingseenheid op Bethulie was, kon nie reis om Theuns se diens Vrydag in Pretoria by te woon nie. Haar dogter, Linda, was ten tye van die begrafnis by haar vir ondersteuning.

Die begrafnis is regstreeks op verskeie platforms uitgesaai.

Volg FiND iT op Facebook hier en klik hier om meer artikels te lees. Laai ook ons toep hier af.