Tuinier in hegtenis vir Bloemfontein-vrou se moord

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Die tuinier (39) wat gesoek is na die huisroof en moord op Maria Cameron (Daleen) is Woensdagaand in hegtenis geneem.

FiND iT het vroeër berig dat Cameron (66) tydens haar moord op 23 November alleen saam met die tuinier by die huis was.

In hegtenis

Lt.-kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is op 24 November omstreeks 21:30 by sy woning in Botshabelo in hegtenis geneem.

LEES OOK: Verkragters in Kimberley word gesoek

“Lede van misdaadintelligensie het inligting ingesamel wat die span na ’n woning in Botshabelo gelei het. Die span het die woning by die informele nedersetting takties omsingel, dit afgesper en op die verdagte toegeslaan. Daar is op duur alkoholhandelsmerke, wat tydens die huisroof gesteel is, en op bloedbevlekte klere, beslag gelê.

Tuinier

Die moord op Cameron het omstreeks 11:40 plaasgevind toe haar man die huis verlaat het en vining apteek toe is. “Toe hy by die huis aankom, het hy sy vrou in ‘n plas bloed, met haar hande agter haar rug vasgebind, gevind. Hy het gehardloop om die tuinier te vind, maar hy kon hom nêrens kry nie,” sê Covane.

Landdroshof

Die verdagte sal Maandag, 29 November 2021, in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.